Wees asseblief versigtig!!

Liewe dierbares.

Ek wil julle eerstens in kennis stel en waarsku!

Ek gaan dit so kort as moontlik hou.

15 Julie ontvang ek 'n sms wat sê iemand van my bank gaan my nou skakel en
my mobile banking opdateer.
'n uur later skakel 'n swart man my wat dadelik bevestig dat ek geen
inligting aan hom moet gee nie want hulle wil dit wat op die sisteem is net
aan my herhaal waarna ek gratis lugtyd sal ontvang vir my samewerking.

Die man het die volgende aan my genoem:
My huis adres, my id, my bank rekening nommer, my selfoon en werk nommer,
die werksplek bevestig, wanneer ek waar lenings en spaar fondse het, wanneer
ek my talking points oorgeskakel het na sms bundels, wanneer ek groot bedrae
oor betaal het en wou baie vriendelik weet of ek nie 'n lening wil oorweeg
nie. Hy was uiters profesioneel en baie bekwaam.

Na ons oproep waarin ek aan hom geen inligting gegee het nie - het ek 'n sms
ontvang wat aan my gratis lugtyd van R150 bevestig.

Ek is ongelooflik beindruk en laat dit daar.

Na 'n ruk bel die man my weer om net te bevestig of ek die lugtyd gekry het.

Vanaf daardie oproep kon ek glad nie meer my foon gebruik nie.

My identiteit, sim en selfoon nommer is gehack!!

Ek het probeer what's up wat nie gewerk het nie! Iets het vir my gese daar
is fout!!

Dadelik vodacom gebel waar ek ingelig is ek bestaan nie - my foon is nie
meer op my naam of gerica op my besonderhede nie.

Toe weet ek hier is moeilikheid - bel my bank - te laat!!

Elke liewe sent is vanuit my rekening getrek, R2000 lugtyd is vanuit bank
oorbetaal aan 'n geslote rekening. My oortrokke fasiliteit wat ek nooit
gebruik behalwe in uiters noodsaaklike gevalle - is verhoog na R13 000 en
oorgeplaas na my spaar rekening en weet na 4 ander rekeninge wat almal
geopen en gesluit is.

My balans in my bankrekening is gevat en my rekening is gesluit.

Ek het my die hele dag gister gevat net om my bank rekening weer ongeblok te
kry, weer kommunikasie te kry en 'n polisie saak te open.

Wees asseblief versigtig!!

Vriendelike groete

Dinah Jacobs - Theron