Nathaniel se raad vir haai aanvalle die Desember vakansie
Om te voorkom dat 'n haai jou byt, doen die volgende:
Wenk nommer 1 :
Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haai aanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as DIE SEE. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan lê liewers onder jou sambreel met 'n drankie. En asb. Nie Castle nie - dit is common.
Wenk nommer 2 :
Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom, is baie goed.Terwyl ons dan nou op hierdie onderwerp is: ek diskrimineer nie agv van die feit dat ek weet hoe voel dit om soms jou ken te soek tussen jou wange, As jy een van hierdie vet mense is, moet liewers nie in die eerste plek in die water gaan nie. Skuil onder jou sambreel. Of bedek ten minste jou vet as jy nie geseënd is soos Jay of Liani nie. Het jy al ooit gesien hoe word deeg gerol in ‘n broodfabriek? Dis hoe jou lyf kan lyk in ‘n swembroek.
Wenk nommer 3 :
Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek, indien jy 'n haai gewaar. Sodra hy/sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg. Die mes is net vir ‘n noodgeval. Die Gautengers van die Bosveld met jou kakie swembroek en hoed, die mes is nie daar om jou naels en toonnaels op die strand te trim nie. Afskuwelik!
Wenk nommer 4 :
Luister noukeurig! Elke haai het 'n temalied - As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe : '' Da- dam ... Da- dam ... Da- dam .. '' As dit so klink : '' DADAM- DADAM- DADAM '' - Is jy klaar in jou moer. Ek herhaal hierdie sin vir al die blonde dames met die fake tans: As DA-DAM hard klink en nie sag nie, beteken dit dat die haai naby jou is en jy dalk moet wegkom. Daar is ‘n verskil tussen ‘n haai en ‘n dolfyn.
Wenk nommer 5 :
Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly blerrie stil as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou moer in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos 'n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stil bly. Om iemand soos 'n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit asseblief. Ja, dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen DIE tyd kan doen nie want jy het wenke 1-4 nie waargeneem nie.
Mag almal ‘n gelukkige somer op die strand he. Gelukkig sal jul my nie daar sien nie en hou haaie dus geen gevaar vir my in. Ek sit gewoonlik agter jul by die yuppie restaurant langs die strand, onder die sambreel met my lyf bedek en met ‘n lang elegante koue glas.....inhoud alles behalwe Castle. Ek is dalk moeilik, maar ek is nie common nie!
- Bobby D's blog
- 22235 reads
Send to friend










Free Classified Ads for Mossel Bay
Local News for Mossel Bay 
We currently have funds for Financing Real Estate, Project Funding, Bridge Loans, Construction Financing and Ordinary Loans for Company Export/Import Finance.
Here are the area of our funding:
* Bridging loans
* Business Loans
* Personal loan
* Investment loan...
We offer all types of loans, personal and commercial loans at a low interest rate of 2%, we offer a minimum loan amount of $ 5,000.00 to $ 100.000.000.00.si you are interested in applying now through email bullsindia187@gmail.com
WE SPECIALIZE IN FAST APPROVALS
You can access our Credit/funding facilities from Any location in the world.
Reply for more information about our credit offer via Email: urbansuccessfundings@gmail.com
WhatsApp/ Call: +1 724...
DO YOU NEED AN URGENT LOAN URGENT LOAN IS AVAILABLE NOW CONTACT FOR MORE INFORMATION,BORROWER GETS THEIR LOAN WITHIN 10 BANKING HOURS OF THE DAY, SO CONTACT IF YOU ARE IN NEED OF URGENT LOAN. via email:bullsindia187@gmail.com
It was confirmed by Cindy Orford (via Facebook) that Casey was found this afternoon.
Thank you to everyone involved for your dedication and support!
Regards,
Marnus