Morseon Childrens home needs your support with the planning of a Golf day

in

We are currently busy with the planning of a Golf day on 14 July 2011.

You can take part in 4 ways:

1. Playing golf on the day @ R250.00 per person @ George Golf Club
2. Sponsering some prizes for the prize giving
3. Sponsorship for a hole and marketing the hole for R500
4. Financial contribution towars Moreson directly into their bank account

Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum is geleë te Charlottestraat 18, Denneoord, George. Die Kinder- en Jeugsorgsentrum huisves 100 kinders in 8 wooneenhede. Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum is verantwoordelik vir die totale versorging van die kinders. Ons ontvang maandeliks ‘n subsidie van die staat wat 70% van die lopende koste dek en ons is self verantwoordelik om fondse in te samel om tekorte op die begroting aan te vul.

Die Bestuurskomitee reël jaarliks verskeie fondsinsamelingsprojekte om fondse in te samel. Die George Gholfklub het Donderdag, 14 Julie 2011 aan Môreson toegestaan vir ‘n geborgde gholfdag. In die verlede was die gholfdag ‘n groot sukses en die gemeenskap se finansiële ondersteuning het ons in staat gestel om al ons verpligtinge ten opsigte van die kinders in ons sorg na te kom.

Ons neem dus die vrymoedigheid om te vra of u bereid is om ‘n bof / putjie teen R................. te borg. Sodoende het u ‘n geleentheid om aktief by Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum betrokke te raak en deel te neem aan die versorging van ons kinders.

Indien u belangstel om te adverteer, sal ‘n putjie of bof aan u toegeken word, waar u self verantwoordelik is vir die aanbring en verwydering van die advertensie materiaal.

Indien u belangstel om ‘n vierbal te boek @ R250 per persoon kontak asseblief vir

Janine Pretorius by 044-8744798 gedurende kantoorure.

BANKBESONDERHEDE:
ABSA BANK GEORGE

REKNR: 916-557-3137

TAKKODE: 632005